Maak jou kind gereed vir die arbeidsmark
In ʼn tyd waar jeugwerkloosheid in Suid Afrika ʼn verstommende 55% bereik het en dit selfs internasionaal ʼn krisis met ʼn geraamde 30% is, is die strewe om ons kinders by te staan sodat hul vir die arbeidsmark gereed is, sekerlik die grootste enkele uitdaging waarmee ons as ouers ooit mee te doen sal hê.
As mens hier byvoeg dat ʼn enkele jaar wat ʼn kind die ‘verkeerde’ kursus op universiteit of kollege spandeer die ouer enigiets tussen R100 000 en R130 000 uit die sak jaag, is die kwessie van behoorlike beroepsbeplanning op skoolvlak lankal nie meer ʼn luukse nie, maar ʼn noodsaaklikheid.
Al hoe meer ouers besef dat ʼn eenmalige reeks toetse en ʼn terugvoerverslag dikwels nie genoeg is om ʼn tiener op ʼn suksesvolle loopbaanpad te plaas nie.
Maande gelede is Tuisskolers.Org kontak bekendgestel aan ʼn meer volledige proses wat so ontwerp is dat ʼn kind met die leiding van ʼn mentor (soos byvoorbeeld ʼn ouer of onderwyser) ʼn maandelange proses volg wat die kind gereed maak vir die arbeidsmark en/of verdere studies. Die hele proses maak gebruik van internet gebaseerde sagteware en vereis betrokkenheid van beide die kind en die mentor.
Die koste van ʼn soortgelyke program vir 'n leerder by 'n eksterne fasiliteerder is sowat R8500. Gegee die kostes van studies is so ʼn belegging nie onbillik nie.
Tuiskkolers.Org het egter met Career Manager onderhandel en hul is bereid om 100 pakkette teen R1000 per pakket aan ons beskikbaar te stel teen die volgende voorwaardes:
- Die ouers (persoon wat die tuisonderrig gee) moet binne een maand na aankope met die proses begin in die rol van die fasiliteerder en die detail van die program volg (soos uiteengesit vir die fasiliteerder) wat weeklikse stappe behels.
- Die ouers moet bereid wees om ʼn maandelikse evaluering aan Career Manager te verskaf.
Indien u belangstel om aan hierdie projek deel te neem - Betalings word sekuur gedoen deur Payfast. Tuisskolers.Org is ʼn geverifieerde handelaar by Payfast.
Comments
Events
Legal & Research
Homeschooling and the law
Home schooling was recognized in 1996 in Section 51 of the SA Schools
+ ViewCentres
Homeschool ABC
Support
Curriculums
Frequently Asked Questions
-
Where can I find homeschool support groups?
There are many support groups consisting of parents that do things together and help each other. These groups operate on Facebook, mailing lists and...
-
Do home learners sometimes wish they were in school and were normal?
They generally like being homeschooled. Some homelearners go to school for the experience but many return to homeschooling as within the homeschool...
-
Do I need to be a qualified teacher?
No. Research has found no correlation between the qualification of the parent and the academic performance of the child. Research shows that...
-
Do homeschoolers take holidays?
Yes, they take breaks. Some homeschool families follow the public school year calendar especially if they are involved in sport and music...
Has no content to show!
