Is tuisonderwys duur?
Tuisonderwys word dikwels voorgestel as ’n baie duur vorm van onderwys, aangesien een van die ouers sal moet ophou werk.
Indien egter die koste verbonde daaraan dat beide ouers in ’n gesin buite die huis werk in ag geneem word, is tuisonderwys egter nie noodwendig so duur nie. Hierdie kostes sluit in belasting, skoolgelde, skoolklere, toesig oor die kinders na die skool, vervoer van kinders na en van die skool, sakgeld om kos by die skool te koop, ens. ens. Indien al hierdie kostes in ag geneem word, kan dit wees dat ’n gesin meer spandeer aan hierdie kostes as wat die tweede ouer sal verdien indien hy of sy buite die huis werk.
As gesinne mooi begroot, sal hulle dalk vind dat dit nie onmoontlik is om te oorleef met die een inkomste nie. Vir gesinne waar slegs een ouers werk kan tuisonderwys heelwat goedkoper wees as skoolonderwys. Veral waar gesinne in ’n area woon waar die broodwinner nie hoog besoldig is nie, maar waar die skole baie duur is.
Daar is baie maniere waarop die kostes van tuisonderwys onder beheer gehou kan word:
- Dieselfde kurrikulum kan vir al die kinders gebruik word.
- Ouers kan hulle eie kurrikulum saamstel.
- Maak gebruik van 2de handse tuisonderwys materiaal. Dis juis vir hierdie doel dat die webwerf van die Vereniging vir Tuisonderwys 'n fasiliteit het om 2de hande materiaal te koop en te verkoop.
- Gebruik gratis tuisonderwys hulpmiddels op die Internet.
- Sluit aan by 'n ondersteuningsgroep wat afslag kan beding vir uitstappies of by verskaffers.
- Maak gebruik van materiaal van die munisipale biblioteek.
Dit is egter ook nie noodwendig waar dat gesinne wat tuisonderwys gee slegs op een inkomste hoef te leef nie. Aangesien tuisonderwys minder tyd in beslag neem as skoolonderwys, kan ouers wat die tuisonderwys die orige tyd gebruik om deeltydse werk te doen. Of indien beide ouers voltyds werk maar in verskillende skofte werk, kan dit ook moontlik wees om tuisonderwys te gee. Of ouers kan saamwerk met ander ouers sodat ander ouers of familie 'n deel van die tuisonderwys beharting op dae wat hulle werk.
Ouers wat van die huis af werk, of 'n besigheid van die huis af bedryf, kan die tuisonderwys kombineer met die werk. Wanneer ouers 'n eie besigheid het, kan die kinders ook help in die besigheid. Dit op sig self is 'n leerervaring wat kinders nie by 'n skool kan kry nie.
Ouers wat by die huis bly om die tuisonderwys te behartig, kan allerhande dinge begin om 'n addisionele inkomste te genereer.
Ongelukkig is enkelouer gesinne iets wat vandag algemeen voorkom. Ook vir sulke gesinne is tuisonderwys moontlik, alhoewel dit moeilik kan wees en baie insette van die ouer vra. Enkelouers wat van die huis af werk kan die tuisonderwys en die werk kombineer. Ouers wat buite die huis werk sal die tuisonderwys voor en na werk moet inpas. Sommige enkelouers kan tutors bekostig.
Events
Legal & Research
Homeschooling and the law
Home schooling was recognized in 1996 in Section 51 of the SA Schools
+ ViewCentres
Homeschool ABC
Support
Curriculums
Music Classes: Percussion Music ...
Percussion Music Group There is no greater joy than making ...
PASS Ged Academy
Pass GED® Academy is your online pathway to achieving your Grade 12 ...
Impaq: Homeschool & Online ...
Impaq: The leading homeschooling curriculum provider in South ...
Frequently Asked Questions
-
Where can I find homeschool support groups?
There are many support groups consisting of parents that do things together and help each other. These groups operate on Facebook, mailing lists and...
-
How does homeschooling work?
Homeschooling is different for every family as it depend on the parents educational goals for their children Education is the development of the...
-
Do I need to be a qualified teacher?
No. Research has found no correlation between the qualification of the parent and the academic performance of the child. Research shows that...
-
Is home education often used as a smoke screen to hide child neglect?
State interference in home education is often justified as something that can identify situations where home education is used as a smoke screen to...
Has no content to show!

Comments