Vergadering oor Tuisonderwys deur die Gauteng Departement van Onderwys
Op die kalender van die www.tuisskolers.org webwerf is daar ’n kennisgewing van ’n publieke vergadering oor tuisonderwys deur die Gauteng Departement van Onderwys. Volgens die kennisgewing is die vergadering met die Gauteng Onderwysdepartement se afdeling vir Tuisonderrig in Pretoria met die Direkteur van Tuisonderrig, me. Sakiena Beg en die amptenaar vir die Pretoria area, me. Carol Motshwane.
Die Vereniging vir Tuisonderwys skryf gereeld briewe aan die nasionale en provinsiale onderwysdepartemente om namens tuisskoolouers sake onder hulle aandag te bring, maar kry oorwegend geen reaksie nie. Selfs nie eers ’n erkenning van ontvangs nie. Hierdie briewe kan op SAHomeschoolers.Org gelees word. Dit is om hierdie rede dat die Vereniging dankbaar is dat die Gauteng Departement van Onderwys hierdie vergadering reël, sodat tuisskolers hulle vrae direk aan die departement kan stel. Die Vereniging wil daarom tuisskoolouers ten sterkste aanbeveel om hierdie vergadering by te woon.
Die Vereniging het in die verlede sulke vergaderings bygewoon en ook verslag gedoen oor hierdie vergaderings. In 2004 het die Gauteng Departement van Onderwys ’n hele reeks vergaderings gehou. Eers ’n reeks private vergaderings met klein groepies ouers (Westonarea en Kensington) en later ’n reeks publieke vergaderings wat in die koerante aangekondig is. (Pretoria, Johannesburg, Vereniging)
Die Vereniging gaan ook hierdie keer alles in sy vermoë doen om ’n verteenwoordiger na hierdie vergadering te stuur en verslag te lewer oor die vergadering. Enigiemand wat die vergadering wil bywoon word te sterkste aangeraai om die verslae oor die vergaderings in 2004 te lees, om ’n idee te vorm wat hulle moontlik kan verwag by die komende vergadering.
Die vergadering was oorspronklik gereël vir die 7de September en is op kort kennisgewing gekanselleer deur die Gauteng Departement van Onderwys, omdat me. Sakiena Beg moes aandag gee aan dringende sake. Nou is dit weer op redelike kort kennisgewing ge-herskeduleer vir 21 September. Ouers wat vêr moet ry om die vergadering by te woon moet daarom bewus wees daarvan dat die vergadering dalk weer op kort kennisgewing gekanselleer kan word en dat hulle dan verniet gaan ry.
Ouers moet ook bewus wees daarvan dat die kennisgewing vir die vergadering misleidend is. Leendert van Oostrum skryf die volgende op die tuisonderwys poslys : “Daar is geen “direkteur van Tuisonderrig” in Gauteng nie, want daar is geen direktoraat vir “Tuisonderrig” soos die hoofletter impliseer nie. Me Beg is die direkteur belas met die registrasie van privaatskole. Registrasie van tuisonderwys is ’n soort ekstra werkie wat aan haar toegewys is. Daar is ook nie ’n amptenaar vir tuisonderwys vir die “Pretoria area” nie. ALLE administrasie van tuisonderwys in die provinsie word hanteer deur die hoofkantoor van die Gautengse onderwysdepartement te Commissionerstraat 123 in Johannesburg. Dit is ook waar Carol Motshwane se kantoor is en sy is verantwoordelik vir die registrasie van tuisleerders in die HELE Gauteng. Sy weet nie veel van tuisonderwys nie en volgens my inligting het sy in die afgelope jaar slegs 66 aansoeke om registrasie van tuisleerders ontvang – dis so bietjie meer as een per week en vorm waarskynlik minder as 1% van die tuisskolers in die provinsie.”
In die lig van Leendert van Oostrum se opmerking word ouers aangeraai om krities te luister na die uitsprake van die amptenare en dit self te verifieer. Meer inligting oor die regsaspekte van tuisonderwys kan gevind word deur die “Legal” oortjie te kies op die webwerf.
Events
Legal & Research
Homeschooling and the law
Home schooling was recognized in 1996 in Section 51 of the SA Schools
+ ViewCentres
Homeschool ABC
Support
Curriculums
PASS Ged Academy
Pass GED® Academy is your online pathway to achieving your Grade 12 ...
Imperial International College
Imperial International College offers Online Education for High ...
Music Classes: Percussion Music ...
Percussion Music Group There is no greater joy than making ...
Frequently Asked Questions
-
Do home learners get homework?
In general all their schoolwork is homework and they do not get to do extra work in the afternoons. A tutor might give some extra work to complete...
-
Where can I find homeschool support groups?
There are many support groups consisting of parents that do things together and help each other. These groups operate on Facebook, mailing lists and...
-
Is homeschooling legal in South Africa?
Yes. Since 1994, the right for parents to home educate their children was legalised in South Africa through the adoption of the new constitution. In...
-
What is home education or homeschooling?
Home education is the oldest form of education. The school system as we know it is actually fairly new. It is done under the guidance and the...
Has no content to show!

Comments