Prof. Jansen se aanval op tuisonderwys
Onderstaande brief is deur die Vereniging vir Tuisonderwys gestuur aan Beeld en Die Burger in reaksie op artikel van prof. Jonathan Jansen wat tuisonderwys beskryf as ’n vorm van onderwys “waar jong mense in ’n eng, bevooroordeelde, “Nederduitse Gereformeerde” denkwyse geïndoktrineer kan word,...”.
--------------------------------------------------------
Geagte redakteur
In prof. Jonathan Jansen se rubriek van 4 September 2012 met die titel “Dié universiteit hou gevaar in”, maak prof. Jansen die volgende bewering : “Dit is die hoëronderwys-weergawe van tuisonderrig, waar jong mense in ’n eng, bevooroordeelde, “Nederduitse Gereformeerde” denkwyse geïndoktrineer kan word, presies hoe Suid-Afrika in die eerste plek veral sedert die 1940’s in die moeilikheid beland het.”
Alhoewel hierdie artikel nie oor tuisonderwys handel nie, gebruik prof. Jansen hierdie artikel om sy persoonlike opinie oor tuisonderwys te propageer as ’n vorm van onderwys waar jong mense in ’n eng bevooroordeelde Nederduits Gereformeerde denkwyse geïndoktrineer word.
Graag wil ek prof. Jansen uitnooi om die tuisonderrig Expo’s wat oor die volgende maande oor die land aangebied word by te woon. Hy sal verstom wees oor die enorme verskeidenheid kurrikulums wat hy daar gaan sien. As hy met die ouers by die expo gaan praat, gaan hy vind dat baie ouers nie slegs gebruik maak van een kurrikulum nie, maar ’n verskeidenheid kurrikulums. Baie ouers maak glad nie eens gebruik van ’n kurrikulum nie, maar gebruik die werklike lewe as riglyn om te bepaal wat hulle op ’n bepaalde dag met hulle kinders gaan behandel. Die verskeidenheid van kurrikulums wat in tuisonderrig gebruik word staan in skrille kontras met die uniformiteit van die enkele voorgeskrewe kurrikulum wat in publieke skole gebruik word. Maar prof. Jansen propageer die gedagte tuisskoolouers hulle kinders indoktrineer met ‘n eng bevooroordeelde Nederduits Gereformeerde denkwyse, terwyl hy geen probleem het met die een uniforme kurrikulum wat in publieke skole gebruik word nie.
Verder maak dit ook glad nie sin om tuisonderrig te assosieer met ‘n Nederduits Gereformeerde denkwyse nie. Voor 1994, toe die NG Kerk nog baie invloed gehad het, was tuisonderwys onwettig in Suid-Afrika. Diegene wat tuisonderwys gegee het, is vervolg. André en Bokkie Meintjies is in 1994 in die tronk gesit omdat hulle hul kinders self wou onderrig. Dit is eers na 1994 dat tuisonderwys in Suid-Afrika toegelaat is.
Dit is teleurstellend dat iemand met die statuur van prof. Jansen samesweringsteorieë en die rassekaart moet uithaal om ’n vorm van onderwys wat wêreldwyd besig is om te groei verdag te maak.
Bouwe van der Eems
Vereniging vir Tuisonderwys
Events
Legal & Research
Homeschooling and the law
Home schooling was recognized in 1996 in Section 51 of the SA Schools
+ ViewCentres
Homeschool ABC
Support
Curriculums
Ginini Training Institute
Ginini Academy is an EdTech home education content provider ...
Teneo Online School
Online High School, Primary School and Pre-Primary School offering ...
Learn, code and create with Ubbu
Introducing ubbu!An Adventure of Code and Play! Learn, Code ...
Frequently Asked Questions
-
Do I need to be a qualified teacher?
No. Research has found no correlation between the qualification of the parent and the academic performance of the child. Research shows that...
-
Do homeschoolers take holidays?
Yes, they take breaks. Some homeschool families follow the public school year calendar especially if they are involved in sport and music...
-
How does homeschooling work?
Homeschooling is different for every family as it depend on the parents educational goals for their children Education is the development of the...
-
Do home learners get homework?
In general all their schoolwork is homework and they do not get to do extra work in the afternoons. A tutor might give some extra work to complete...
Has no content to show!

Comments